Tuesday, August 26, 2008

van suk en ses

by Clive E Smith

ek wen net emmies my hart is vol liedere
moses stoot water uitmekaar net vir my en
die son kom op en glimlag my naam hart oor die horison uit

die koerant se opskrifte is oor my en my hare
en my kuif en sagte vel soos room en die girls
skep lepels vol uit my wange en hulle harte is vol

die meide druk die sweet onder my arms uit
en maak hulle hare reguit
en galop in die wind en die skemer kan dit nie mince nie

die katte trek my tone en begin praat
en lag en se^ my naam hardop en miaaw
nooit weer nie en kry jobs by clicks en discom en pep

ek kannie gly nie
ek kannie val nie
ek kannie huil nie
ek kannie pyn of ly nie
ek kannie traan of stog nie
ek kannie alleen of loun nie
ek kannie mis verlang nie
my wiskey glas het nie 'n onder nie

No comments: